Thursday, June 28, 2007

Waarom MOOLMANSBERG?

  • Ek is nie juis `n baie sentimentele mens nie - behalwe oor `n paar dinge. Die een is die plaas Moolmansberg - in die Ficksburg distrik
  • Dis waar my pa groot geword het en ek talle vakansies van my lewe deurgebring het
  • Dis waar ek die liefde van `n groot uitgebreide familie leer ken het
  • Dis waar ou Klakie - wat ook my pa grootgemaak het, met my kom simpatiseer het toe ons ons baie jong pa tussen die Bloekomlaning deurgedra het na die familie begraafplaas - waar `n hele paar van die Moolman voorgeslag begrawe lĂȘ.
  • Dis waar Ouma Kitty haar onuitwisbare invloedsmerke op my jong lewe afgedruk het
  • Dis waar jy met God kan praat en Hy met jou ... waar behalwe Hy ook Visierskerf luister
  • ... waar die huis van sandklip platgestoot is en die stemme uit die ou tyd stilgemaak is ...

No comments: