Friday, June 29, 2007
Thursday, June 28, 2007
Waarom MOOLMANSBERG?
- Ek is nie juis `n baie sentimentele mens nie - behalwe oor `n paar dinge. Die een is die plaas Moolmansberg - in die Ficksburg distrik
- Dis waar my pa groot geword het en ek talle vakansies van my lewe deurgebring het
- Dis waar ek die liefde van `n groot uitgebreide familie leer ken het
- Dis waar ou Klakie - wat ook my pa grootgemaak het, met my kom simpatiseer het toe ons ons baie jong pa tussen die Bloekomlaning deurgedra het na die familie begraafplaas - waar `n hele paar van die Moolman voorgeslag begrawe lĂȘ.
- Dis waar Ouma Kitty haar onuitwisbare invloedsmerke op my jong lewe afgedruk het
- Dis waar jy met God kan praat en Hy met jou ... waar behalwe Hy ook Visierskerf luister
- ... waar die huis van sandklip platgestoot is en die stemme uit die ou tyd stilgemaak is ...
Subscribe to:
Posts (Atom)